
Wie is ons?
Die Kruisvuurkamp is 'n jaarlikse kamp wat deur Lewende Woord se Jongvolwasse Bediening aangebied word. (Dit is 'n gesamentlike projek tussen al die Lewende Woord-gemeentes). Hierdie kamp is die hoogtepunt op die Jongvolwassenes se jaarprogram en is telkens 'n geleentheid waar jongmense werklik geestelike vernuwing, deurbrake en groei beleef, asook toerusting vir 'n effektiewe geestelike lewe ontvang. Die kamp word geken aan dinamiese en gesalfde Woordbediening, uitstekende en geseënde aanbidding, 'fellowship' en baie sports! Vorige sprekers sluit in: Dr. Corné Bekker, Nick Davis, Flloyd McClung, Retief Burger, Nevil Norden en vele ander. Aanbidding word deur Ernie Amos en sy span gelei. Die sports het voorheen bestaan uit 'n 'adventure race' en is sedert 2010 'n 'amazing race'. 2012 sal die sewentiende jaar wees wat die Kruisvuurkamp deur Lewende Woord aangebied sal word. Jy mag nie hierdie kamp misloop nie!
Wanneer is die kamp?
6-9 April 2012
Waar word die kamp aangebied?
CYARA/YFC kampterrein naby Hekpoort ( Ongeveer 80km van Pretoria).
Wie kan die kamp bywoon?
Studente, jong werkende persone, asook jong getroude pare.
Hoeveel kos die kamp?
R730 per persoon en R1460 per getroude paar.
Hoekom so baie? Dit is 'n langer kamp, juis omdat dit oor die Paasnaweek strek. Sou jy die lengte van die kamp in ag neem, vergelyk dit baie goed met ander kampe. Die reëlingskomitee se enigste oogmerk met die kampgelde is om direkte kampkostes te dek. Weens die dinamiese aard van die kamp en die werklik bonatuurlike seën wat ons op hierdie kampe beleef, word die kampe baie goed bygewoon, met gemiddeld tussen 400 en 500 jongmense per kamp. Daar is beperkte plek beskikbaar; maak dus asseblief seker dat jy vroegtydig bespreek!
Groete, Werner van der Walt